Duo Droom

DIE WERKLIKHEID VAN DIE DUO DROOM
Kan dit drie jaar wees? Ja dit is! Duo of Dreams het sy deure oopgemaak in 2009 en ‘n enorme droom het waar geword. Wat ek wel kan onthou is dat ek gedroom het dit moet sinoniem wees met passie, klassieke styl en luuksheid. En dit is presies wat dit is en hoe dit gedoen word!
Deur haar “personal touch” het Christelle van Rooyen besluit Duo of Dreams moet verskillend wees van enig ander in sy soort en niks behalwe die beste is goed genoeg nie.
Die verskil is in die “detail”. Daar sal altyd net een funksie wees en al wat oorbly na die tyd is die herinneringe. Duo of Dreams het oorspronklik net troues hanteer maar vandag is dit ‘n fasiliteit wat enige funksie onder die son aanbied; van opvoerings tot kinderpartytjies! Ons webwerf groei na iets wat enige vrou gereeld sal wil besoek met nuwe resepte, raad oor trourokke, goeie idees vir henne partytjies ens.
Voordat ons begin met die reëlings maak ons seker ons kliënte voel tuis, is gemaklik en ons spandeer tyd saam met hulle om te hoor wat hulle drome en ideale vir die spesifieke geleentheid is. Al ons aandag is gevestig op die kwaliteit van elke detail; van die kos tot die dekor. Uit ervaring kan ons raad gee oor wat werk en wat nie werk nie en natuurlik bly ons in aanvoeling met tyd en styl.
Die reël en organiseer van elke funksie is ‘n reis wat jy onderneem, van die wegtrek tot die eindbestemming, die groot dag. Daardie reis moet aangenaam wees en aangenaam bly tot jy die eindbestemming bereik!
Aangesien dit nie vir my ‘n werk is nie maar ‘n droom wat ek leef, sal Duo of Dreams my baba bly wat ek sal oppas, met passie sal versorg en altyd sal kyk waar ek kan verbeter. Die lekkerste van als? Om vir mense hulle droomdag waar te maak en dan toe te kyk hoe hulle dit geniet terwyl ons toesien dat die kleinste detail vlot verloop.
Wat hou my aan die gang? Gesondheid en kreatiwiteit vanaf my hemelse Vader wat hierdie droom waargemaak het en om die miljoene idees wat vasgevang is in my kop realiteit te maak sodat mense lank na hul funksie verby is steeds by ons deure in en uit sal gaan.
Aan Hom, al die eer en al die dank.
Leave it to Duo of Dreams to deliver a unique service of hand hewn character in a modern package that’s altogether uncompromising.
This is where new meets old and the most beautiful of adventures begin.
![]() Hiermee wil Duo of Dreams graag erkenning gee aan twee fotograwe vir pragtige foto's. Shanei Nel Marieta Ook aan al die ander fotograwe wat foto's neem van die funksies wat aan ons geskenk word. |
