DIE DUO DROOM

Duo of Dreams, ‘n klassieke styl  venue, met sy groen gras, hoë bome en baie voëllewe, skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer.  Geleë op ‘n kleinhoewe,  in Centurion,  ±15 km  van Pretoria en 20 minute vanaf Johannesburg is jy so sentraal en tog voel dit so ver van al die gejaag en geraas.  Ons staan reg vir enige funksie, klein of groot, vir oud of jonk, privaat of korporatief.

Duo se pragtige kapel met sy houtbanke en ysterwerk, leen homself uit vir intieme seremonies wat baie onvergeetlike herinneringe skep en pragtige fotos maak. 



   

Ons onthaal fasiliteit met ‘n uitsig oor ‘n asemrowende tuin kan tot 150 gaste akkomodeer.  Ons uitgestrekte tuin bied geleentheid vir kinders om te speel en in die boomhuis te baljaar.  Die onthaal saal met kandelare, porselein vloer en pragtige gordyne gee enige funksie onmiddelik styl.  Niks aan hierdie fasililteit is gewoon nie.

Om die prentjie perfek af te rond het ons ‘n pragtige suite waar gaste kan oornag en asemskep.  Hierdie is ‘n moet om te sien!

As jy na die buitengewoon opsoek is, is hierdie die plek vir jou!