Begrafnisse
Begrafnisdienste is vandag iets wat baie mense graag intiem wil hou. In 'n stadium van rou, wil naasbestaandes 'n diens reël sonder moeite, koste efektief en met goeie diens te alle tye. Persone soek 'n fasiliteit waar mense verstaan waaroor dit gaan, profesioneel is maar steeds met deernis, elke faset van die begrafnisdiens kan organiseer. Dou of Dreams se kapel is geskik vir klein tot groter groepe (150 mense).
Die gewyde atmosfeer in ons kapel leen homself tot 'n eervolle huldeblyk aan die oorledene. 'n Volledige klanksisteem, skerm en projektor asook 'n orrel is beskikbaar.
Met Duo of Dreams se pragtige tuine en rustige atmosfeer voel mense ontspanne en is dit 'n ideale plek waar familie en vriende met mekaar kan gesels en kuier en selfs fotos neem.
Ons onthaal fasiliteit met skuifdeure na die tuin is geskik vir bediening van koffie/tee/sap, vingerhappies tot heerlike buffet etes.
Duo of Dreams se suite is beskikbaar vir persone wat wil oornag. Koffie/Tee en ontbyt fasiliteite beskikbaar asook aandetes op aanvraag.
By Duo of Dreams glo ons net die beste is goed genoeg.

